fbpx

Teleurstellings, Ompaaie en “Back-to-Basics”

Iemand vra my onlangs, “Waarvoor vertrou jy die Here in 2020?” Ek aarsel ‘n oomblik. Mag ek regtig eerlik wees? Ek is bang. Ek is te bang om dit hardop te sê. My gedagte? Gaan dit net nog ‘n belofte wees? Is dit net nog ‘n mooi Christelike oefening?

Die vraag forseer my om diep in my eie hart te kyk. Ek sien die jare-oue beloftes, hoop, verwagtinge, onvervulde drome en teleurstelling. Soms voel ek soos die een wat verby winkel vensters loop, jy sien die mooi, maar dis nooit joune om te geniet nie.

In ‘n poging om sin te maak uit alles begin ek dink oor die laaste jaar. Die jaar het begin met drome, doelwitte, planne en verwagtinge. Toe gebeur die lewe.

Die lewensafriger in my vra; “Watter geleenthede was daar vir jou om te groei en te leer?”

Vir een of ander obskure rede gebruik die Here hardloop in my lewe om waarheid vas te maak. Ek was lus en goed op dreef om weer ‘n marathon aan te pak. Daar was lekker lang hardloop sessies met baie tyd om te dink. Die enigste probleem – ek kon skaars loop na dit. Soos meeste van ons, ignoreer ons die pyn en ons druk deur, ons het dan so mooi geleer van aanhouer wen en determinasie is formidabele eienskap wat soveel nastreef.

Teleurstelling kyk vir my vierkantig in die oë. Ek weet ek is besig om droog te maak. Ek weet my hardkoppigheid is besig om my duur te staan te kom. Miskien moet ek meer bid, miskien moet ek net meer positief wees, miskien, miskien. My verskonings is op. Realiteit tref.

‘n Pynlike “detour” begin – fisioterapie. 2 keer ‘n week. Toe een keer ‘n week. 4 maande lank. Skokterapie, naalde, basiese oefeninge en hope frustrasie. Ek voel soos ‘n martelaar – en ek moet betaal vir hierdie pyn. In hierdie proses leer ek een van die kosbaarste lesse. Kapasiteit vs. Lading.

Die lading van die marathon program was hoog, dit het skielik geklim en ek het elke naweek minstens 20 – 25 km gehardloop en dan nog 3 – 4 sessies in die week. Die probleem, my liggaam se kapasiteit kon nie die lading absorbeer nie. Na 2 jaar van studies en baie verpligtinge was dit net te veel. Ek moes saam met ‘n biokinetikus werk en ek moes deur ‘n hele rehabilitasie program gaan.

Vandag is elke hardloop sessie ‘n genade geskenk, elke dag wat ek opstaan en daar is nie pyn, ‘n oorwinning.

Ek moes leer dat ek nie ‘superwoman’ is nie. Ek moes leer om te luister vir my liggaam en om genade met myself te hê. Ek moes leer dat om op te staan as jy geval het is sukses in eie reg. Ek moes leer dat wanneer ons die kleinste dissiplines afskeep, ons nie die groot goed kan nie doen – ons het dan nie kapasiteit om die lading te hanteer nie. Ek moes leer dat in teleurstellings en ompaaie diep waarhede opgesluit is. Ek moes leer dat ‘Back to Basics’ is die fondament wat alles anders in plek hou.

Waaroor droom ek vir 2020 vir my en ook vir jou?

Dat jy nie sal opgee net omdat teleurstelling aan jou deur klop nie. Dat jy die skatte van ompaaie sal ontdek en dat ons nooit die geskenk van ‘Back to Basics’ sal misken nie.

“It is how you handle your disappointments that define you as a person. If you get up after the fall or just lay there in defeat.”

Mag 1 Pet 5:10 – 11, ook vandag en in 2020 die belofte wees waaraan jy vashou. Ek doen.

“In his kindness, God called you to share in his eternal glory by means of Christ Jesus. So, after you have suffered a little while, he will restore, support, and strengthen you, and he will place you on a firm foundation. All power to him forever! Amen.” (NLT)

One Comment

  • Mareli Csabai

    Wow Carina, thank you for sharing your heart, it’s precious! I had my own share of physio and biokinetics this year because of ignoring the pain in “gym”, building muscles and feeling awesome! Until my arm said ‘no more’ – with a lot of frustration I had to stop and go back to basics and learn patience….it’s now one year later.
    Amen to this: “It is how you handle your disappointments that define you as a person. If you get up after the fall or just lay there in defeat.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.